Kammaland

Kammaland

Annelie Botes

Annelie en die Ou Gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar op 'n kanaalboot in die verre Engeland.
Date Published :
February 2020
Publisher :
Penguin Random House South Africa
Language:
AFR
Illustration :
8 pages of photographs
Format Available    QuantityPrice
Paperback
ISBN : 9781776094158
Pages : 224
Dimensions : 9.2 X 6 inches
-
+
Not Yet Published. Available for Pre-Order
$21.00

Overview
-

Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op 'n kanaalboot in die verre Engeland. Sonder geselskap. Sonder ervaring. Sonder 'n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die Ou Gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes.

About The Author
-

Annelie Botes is gebore in die winter van 1957 in die Kammanassie naby Uniondale. Sy en haar man, die ou gryse, bly die afgelope sewentien jaar in Port Elizabeth. “Ek sal skryf tot ek die dag seniel is, of dood neerslaan. Want ek wíl skryf.” Lugkasteel het by Penguin Random House verskyn, en haar gewilde roman, Raaiselkind, is onlangs as ’n rolprent vrygestel.

More from this publisher