Vrae en feite vir nuuskierige agies

Adinda Vermaak

Interessante vrae en feite vir kinders van alle ouderdomme, van wetenskap tot kuns en geskiedenis
Date Published :
April 2018
Publisher :
Penguin Random House South Africa
Illustration :
19 b&w illustrations
Format Available    QuantityPrice
Paperback
ISBN : 9781776092444
Pages : 176
Dimensions : 9 X 6 inches
-
+
Out of stock. Available in 6-8 weeks
$17.00

Overview
-

Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet waar sjokolade vandaan kom? Of wat die ergste epidemies is wat die wêreld nog getref het? Dalk wil jy weet waarom ons elke jaar op 5 November Guy Fawkes vier, of waarom Afrika as ’n unieke kontinent beskou kan word. Of jy wil weet watter produkte of uitvindings eg Suid-Afrikaans is, en of honde werklik slim is. Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om goeie toesprake te maak ... Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek! Met jou indrukwekkende kennis oor alles en nog wat kan jy almal se monde laat oophang. Vyftig hoofstukke propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme!

About The Author
-

Adinda Vermaak is die samesteller van gedigtebloemlesings soos Pret met poësie, Versreise en Woordreise, die medeskrywer van die Platinum-reeks taalhandboeke en van die Vlymskerphandleiding oor die huidige graad 12-gedigte. Haar belangstelling en passie is navorsing vir die talle werkswinkels en aanbiedings vir onderwysers en leerders van graad 4 tot graad 12 oor, onder andere, kreatiewe skryfwerk, die aanbieding van gedigte, openbare redevoering en woordeskatuitbreiding,

More from this publisher