n Wolf in skaapsklere en ander Afrikaanse idiome

Kobus Galloway

In die boek word Afrikaanse idiome op ‘n prettige manier geïllustreer. ‘n Lys van idiome agter in die boek vul die pragillustrasies aan. Opvoedkundig en vermaaklik.
Date Published :
April 2018
Publisher :
Penguin Random House South Africa
Illustration :
150 full-page cartoons
Price
Paperback
ISBN : 9781776092154
Pages : 168
Dimensions : 6 X 8.3 inches
$13.00

Overview
-

Een van Afrikaans se uitsonderlike kenmerke is die skat van idiome en vaste uitdrukkings wat soos poësie op die tong van sprekers lê. Andertaliges is dikwels verstom oor die manier waarop vaste uitdrukkings en gesegdes Afrikaans verryk en kleurvol maak. In hierdie boek bring Kobus Galloway, skepper van Idees Vol Vrees, 150 idiome byeen – elkeen geïllustreer met ’n grappige volblad-spotprent, en met ’n kort verklaring van elke elkeen geïllustreer met ’n grappige volblad-spotprent, en met ’n kort verklaring van elke idioom se betekenis. Verder is daar ’n lys met nóg idiome en verklarings agter in die boek. Afrikaanse lesers van alle ouderdomme sal daarvan hou, en skoliere in die besonder sal dit baie bruikbaar vind. Dié boek sal help verseker dat idiome van vroeg reeds ’n tuiste in die mond van jong sprekers kry, en dat dié pragtige skat van Afrikaans behoue sal bly.

About The Author
-

Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken en ná skool het hy grafiese ontwerp studeer. Hy is die skepper van Idees Vol Vrees, wat vinnig die gewildste Afrikaanse spotprentreeks in die wêreld geword het. Sy politieke parodie Where’s Zuma? het in 2015 verskyn. Kobus is ‘n grafiese ontwerper, illustreerder en komediant en die eienaar van Komedie Media.

More from this publisher